Leer Ons Personeel en Beheerliggaam Ken

By Westwood Laerskool is ons trots op ons toegewyde span opvoeders en ondersteuningspersoneel wat elke dag met passie en sorg werk om ’n positiewe leeromgewing te skep. Ons personeel is daartoe verbind om elke leerder te ondersteun en aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik. Saam met hulle speel ons Beheerliggaam ’n belangrike rol in die leiding, besluitneming en strategie van die skool. Deur nou saam te werk, help hulle om ons waardes te bevorder, die gemeenskapsbetrokkenheid te versterk, en die voortdurende groei en sukses van Westwood Laerskool te verseker.

Bennie Mulder

Skoolhoof

Ek is Bennie Mulder, skoolhoof van die pragtige skool.  Ek  is al 17 jaar ‘n toegewyde Wessie en ‘n hele paar jaar langer lid van die Boksburg skoolgemeenskap.  Ek het ‘n passie vir die onderwys en toewyding aan die ontwikkeling van elke leerling.  Akademie is top op my lys by Laerskool Westwood met gebalanseerde Sport & Kultuur as buitemuurs.  Ek bou my loopbaan op Christelike waardes, Respek, Lojaliteit, Eerlikheid en Integriteit.  Ek het liefde vir rugby en was vir jare betrokke by die Valke Laerskole. Ek glo ‘n gebalanseerde kind is ‘n gelukkige kind en my doel hier is om ‘n veilige leeromgewing te skep waar elke kind gelukkig is en geleentheid het om deel te neem.